Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Drew Barrymore byna dood

$
0
0

Die Hollywood-aktrise Drew Barrymore was byna dood toe ’n oefenlopie vir ’n toneel uit haar nuwe Netflix-reeks, Santa Clarita Diet, lelik skeefgeloop het.

In die toneel moes Drew, wat ’n zombie speel, ’n man bespring om hom dood te maak. Maar toe gly sy en val met haar kop hard op die sypaadjie. Die ongeluk het in 2016 gebeur.

Victor Fresco, skepper van Santa Clarita Diet, het onlangs aan US Weekly gesê hy het die ergste gevrees. “Ek het gedink: Dis dit. Ons het Drew Barrymore vermoor.”

#Spain #santaclaritadiet

A post shared by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

Die besering was so ernstig dat met haar hospitaal toe gejaag is. Sy moes twee dae in die hospitaal bly vir toetse.

“Dit was verskriklik. Ek het nog nooit so iets in my lewe ervaar nie,” het die aktrise aan US Weekly gesê.

’n Week later was sy terug op die stel.

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

Rooi hare nés tannie Julia Roberts

5 nuusstories vir vandag, 16 Februarie 2017

Seksbom Tom se geheim is uit!

 

The post Drew Barrymore byna dood appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


7 voordele van boegoe


Die beste tyd van my lewe


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


8 Wenke om water te bespaar


Rita (JM) Gilfillan (1941–)


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


Ek is oppad #Hermanus toe !!


Drie stappe: Kikker jou kaste op


Te koop: Bosweg 3, Eastermar