Klein Anneke Berning het so reg onder ons neuse haar opwagting gemaak.
Anneke, die aktrise Lika Berning en haar akteurman, Clyde, se eerste dogtertjie, is die oggend van 24 Februarie heel rustig in haar ouerhuis gebore. Sy het reeds twee ouer boeties, Hugo (5) en Jesse (1).
“Ek het wakker geword met krampe en geweet dis die dag. Ek het nie besef dinge sal so vinnig verloop nie. Ons het nog almal saam ontbyt geëet, Clyde se ouers en my ma. Hugo, ons oudste kind, is skool toe en ek het halfnege in ’n warm bad gaan lê. Toe die kontraksies behoorlik inskop, toe bel ons die vroedvrou. Sy het net betyds aangekom. Anneke is net voor 10-uur gebore,” het Lika aan SARIE.com vertel. Clyde het Lika heeltyd bygestaan.
Hugo en Jesse geniet hulle nuwe sussie baie.
“Hugo is mal oor sy sussie. Hy wil help met doeke ruil en soen haar saggies, so oulik. Jesse is nog bietjie jonk, ek dink nie hy verstaan nie. Hy sê darem ‘baba’ en wys na haar. Hulle gaan nog groot pelle wees eendag.”
Lees nou
Blitsbok Seabelo Senatla: “Ek daag jou uit, Akani Simbine!”
Cara Delevingne kleur óók haar hare
The post Baba no. 3 vir Lika Berning appeared first on SARIE.