The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco-Sweeting moes heelwat aan haar leefwyse verander om haar vietse lyfie te bekom. Sy pronk met haar gesonder, gespierde lyf op die nuutste voorblad van Shape.
Die 29-jarige miljoenêr het aan dié tydskrif vertel dat sy nog nooit tydens haar loopbaan so hard gewerk het om goed te lyk nie, maar voeg dan vinnig by dat sy nie haarself uithonger of té veel oefen nie.
Haar matige benadering werk duidelik! Danksy joga (vyf dae per week) en ’n gemorskosvrye dieet het Kaley byna 3 kg oor die laaste 3 maande verloor.
People berig verder dat Kaley ook soms haarself ’n blaaskans gee. Sondae sal sy haarself met pizza en ’n drankie bederf.
Kaley se tennisspeler-man, Ryan Sweeting, is gaande oor haar nuwe voorkoms. Die paartjie het in 2013 getrou.
Lees ook
- FOTO’S: Doen joga soos ’n bekende
- FOTO’S: Kaley Cuoco-Sweeting se nuutste (ligter) haarkleur
- Nuwe haarstyle: Beyoncé, Kylie Jenner én Lupita Nyong’o
The post Só het Kaley Cuoco-Sweeting haar vietse lyfie gekry appeared first on SARIE.