Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Gaan Harry se nuwe liedjie oor Taylor?

$
0
0

Aanhangers is oortuig Harry Styles sing sy hart uit oor Taylor Swift nadat hy die afgelope naweek sy tweede solo-liedjie op Saturday Night Live opgevoer het. 

Die eks-lid van One Direction het verlede week sy eerste liedjie as solokunstenaar genaamd “Sign of the times” uitgereik, en noudat ons meer gewoond is aan sy dieper, meer volwasse nuwe komposisies, kan ons bietjie luister na die woorde.

Die liedjie wat Harry op SNL gesing het, heet “Ever Since New York”, en nou glo aanhangers dit is ’n verwysing na Taylor se “Welcome to New York”, berig Teen Vogue.

Die melancholiese woorde kan vir seker die hartseer ná die einde van ’n verhouding beskryf.

“Haylor”, soos Harry en Taylor as paartjie bekend was, het reeds in 2013 ná ’n verhouding van vier maande opgebreek, maar dalk het Harry nou eers kans gekry om liedjies wat hy toe reeds geskryf het, uit te reik.

Ons kan net raai of Harry nog gevoelens vir Taylor het. Wat dink jy? Hier is sy opvoering van “Ever Since New York” op SNL. 

Harry se selfgetitelde album kom op 12 Mei uit en hy het dié foto op Instagram gedeel met die liedjielys en ’n leidraad oor die albumkuns.

HARRY.STYLES //12.MAY.17//

A post shared by @harrystyles on

 

The post Gaan Harry se nuwe liedjie oor Taylor? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294