Ag, moeder! Klein prins George word te vinnig groot.
Vandag was prins George se eerste dag by sy nuwe skool, die gesogte Thomas’s Battersea-skool. Die klein prinsie het redelik skaam en bang gelyk by die groot geleentheid, maar sy pa, prins William, en nuwe skoolhoof, Helen Haslem, het sy hand vasgehou.
Die prinsie se ma, die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is swanger met haar en prins William se derde kind. Sy kon nie saam skool toe gaan nie, as gevolg van hyperemesis gravidarum, ’n erge vorm van oggendnaarheid.
Só het prins George gelyk toe hy in Januarie 2016 aanmeld by die Westacre Montessori-kleuterskool in Norfolk, Engeland.
William het destyds sy skoolloopbaan by die Mrs Mynors-kleuterskool begin. In daardie stadium ’n eerste vir die koninklikes, want dié kleuterskool was buite die Kensington-paleis. Wyle prinses Diana wou William egter so normaal moontlik grootmaak.
Só het Harry en William in 1989 by Harry se eerste skooldag gelyk:

FOTO: Reddit
Nes Diana wil Kate ook haar kinders so na moontlik aan normaal grootmaak, berig Hello!.
Wanneer prins George en prinses Charlotte groot genoeg is, beplan hul 33-jarige ma om hulle na onderskeidelik die Scouts en die Rainbows te stuur, wat sal verseker dat hulle prettige en leersame interaksie met ander kinders het.
The post FOTO’S: Prins George se eerste skooldag appeared first on SARIE.