Die Grammy-bekroonde sangeres Adele se langverwagte derde album, ’25’, word op 20 November vanjaar bekend gestel.
Luister solank hier na “Hello”, die 27-jarige rooikop se eerste enkelsnit in drie jaar.
Sy het op haar Facebook-blad verduidelik: “Ek is jammer dit het so lank gevat, maar jy weet, partykeer hou die lewe jou besig.
Ná die geboorte van haar seun, Angelo, in 2012, het Adele eers ’n blaaskans van haar sangloopbaan geneem.
Sy het eers gister ’n Instagram-blad oopgemaak, en dit het reeds meer as 600 000 aanhangers daarop.
Lees ook
- FOTO’S: 10 bekendes se verloofringe
- Nuwe baba: Sandra Bullock ontken gerugte
- Nuwe liefde vir Kate Hudson?
The post Luister nou: Adele se nuutste liedjie ‘Hello’ appeared first on SARIE.