Vanjaar het talle ikone al gesterf: Alan Rickman, Prince, Muhammad Ali, David Bowie, Frank Sinatra jr., Glenn Frey en die politieke reus Dene Smuts. Maar Sondag is nóg ’n bekende oorlede, die jong akteur Anton Yelchin.
Die 27-jarige Star Trek-akteur is in ’n fratsongeluk oorlede. Volgens CNN het sy eie motor vermoedelik agteruit gerol en hom teen sy posbus vasgepen.
27-klub
Anton se tragiese dood op 27 maak hom deel van die 27 Club, ’n lys van bekendes wat op dié ouderdom gesterf het. Die lys sluit talentvolle musikante soos Jimi Hendrix, Kurt Cobain, Jim Morrison, Amy Winehouse en akteur Jonathan Brandis in.
Almal is oorlede weens fratsongelukke, oordose of selfdood. Voor Amy se dood het sy glo gereeld gesê sy sal seker deel van die 27 Club raak, berig Daily Mail.
Anton het as 9-jarige in sy eerste rolprent verskyn. Hy het in ander rolprente soos Charlie Bartlett, Like Crazy, Alpha Dogs en Terminator: Salvation gespeel. Hy is in Rusland gebore, maar reeds op 6 maande saam met sy ouers Amerika toe getrek.
Bekendes het hul simpatie op sosiale media gedeel.
— Bad Robot (@bad_robot) June 19, 2016
Devastated to hear about the brilliant Anton Yelchin. He was thoughtful, kind, and gifted. My thoughts and prayers are with his family. — Chris Evans (@ChrisEvans) June 19, 2016
Absolutely devastated to hear about Anton Yelchin. He was such a gifted, natural actor & a deeply kind man. My thoughts are with his family.
— Tom Hiddleston (@twhiddleston) June 19, 2016
This is unreal. Anton Yelchin is such a talent. Such a huge loss. — Anna Kendrick (@AnnaKendrick47) June 19, 2016
Anton Yelchin was one of my best friends. Can’t say anything that conveys what this feels like
— Kat Dennings (@OfficialKat) June 19, 2016
Anton Yelchin was a bright, brilliant talent, and a truly kind person. I was so taken by him, and won’t ever forget his sweet smile. RIP — olivia wilde (@oliviawilde) June 19, 2016
Lees nou
Sharon en Ozzy Osbourne weer saam
The post Nóg ’n bekende deel van die 27-klub appeared first on SARIE.