Sewe maande nadat die akteur Charlie Sheen erken het dat hy MIV-positief is, is hy aangewys as die amptelike gesig van ’n nuwe kondoom. En dié keer wil hy keer dat ander mans sy foute herhaal.
Charlie is die ambassadeur van LELO HEX, ’n kondoomvervaardiger wat glo ná 70 jaar die kondoom herontwerp het. Dié kondoom kan glo nie afgly of breek nie.
Maar dis Charlie se eerlikheid op die advertensie wat die kuberruim aan die gons het.
“’n Paar sekondes van ongerief kan ’n leeftyd se rou en pyn verhoed.”
- Charlie Sheen
Hy erken ook dat hy een van vele was wat nie van kondome gehou het, maar hy besef met spyt dat dit nou te laat is.
“Mense wil steeds soos ek wees of my lewe leef, maar daar is een klein ding wat hulle nie wil hê nie. En dit kan als verhoed word.”
- Charlie Sheen
Kyk die video van Charlie hier
Lees nou
Charlie Sheen: In die miljoene betaal vir mense om sy MIV-status geheim te hou
5 foto’s van prins Harry se vaderlike instink
The post Charlie Sheen praat oor sy foute appeared first on SARIE.