Frannie was ’n welder, ’n gewone ou. Frannie is al ’n geruime tyd ietwat verlore. Hy drink gans te veel. Frannie het sy werk, sy lewe, sy vrou en kind iewers in sy dronkenskap verloor. Nou weet hy nie meer mooi of hy als nog reg onthou nie, en hy is nie regtig seker waar sy familie heen verdwyn het nie.
Die dag voor ’n algehele sonsverduistering leen Frannie twee sweisbrille by Theo, sy bullebak van ’n broer. Frannie is vasberade om die verduistering vir sy seun te gaan wys. Maar waar is sy seun? Waar is Jill, sy pragtige vrou? Oor twee dae en ’n nag ontrafel Frannie finaal soos wat hy begin onthou presies waar dinge in sy lewe skeef geloop het. Terwyl Frannie die stukkies van sy geheue en lewe weer bymekaar begin sweis, begin hy meer en meer wens hy was maar eerder blind.
Regisseur: Gerard Rudolf
Draaiboek: Gerard Rudolf (gebaseer op die kortverhaal deur Jaco Botha)
Vervaardiger: Jozua Malherbe
Met o.a. Neels van Jaarsveld, Alyzzander Fourie en Laré Birk
Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.
The post Sweisbril – kykNET Silwerskermfees 2015 appeared first on SARIE.