Hierdie 5 apps was onlangs in die nuus en het ons aandag getrek. Kan jy die lewe voor apps onthou? Hoe het jy byvoorbeeld geweet jy is dalk besig om op ’n verlangse familielid verlief te raak? Want deesdae se apps kan dit vir jou sê!
Daar is deesdae ’n app vir enige iets. En dié apps het probleme identifiseer en oplossings gevind – al is die probleem hoe bisar.
Facebook se hulpsentrum vir selfdood-gedagtes
Facebook se hulpsentrum het aan die begin van die maand aangekondig dat hul ondersteuningsdiens vir mense met selfdoodgedagtes nou beskikbaar is in alle tale waarin jy Facebook kan lees. Voorheen was dit net in Engels beskikbaar.
Dié diens ondersteun mense met depressie, asook hul familie en vriende met raad en hulpbronne. Jy kan 24/7 by Facebook Safety aanmeld en iemand aan die ander kant sal jou dadelik kan help.
Facebook het die probleem identifiseer en het wêreldwyd hulp ingeroep om hulle met dié diens te help. Die selfdoodsyfer onder mans is tans die hoogste in 3 dekades en vroue tussen 45 – 65 jaar oud se selfdoodstatistieke is besig om te verhoog.
As jy volgende keer op Facebook gaan, gaan loer in by die Safety Centre. Daar is ook hulp vir internetboelies en nog baie meer.
Frankryk se plan
Dis die derde week van die Euro2016-sokkertoernooi en met die onlangse terreuraanvalle is almal versigtiger vir groot skares en openbare plekke. Om hierdie rede het die Franse regering ’n app ontwikkel wat mense op hul slimfoon laat weet as daar ’n potensiële gevaar is. Hierdie app maak nie ’n geluid of vibreer nie sodat niemand jou sal vind as jy moet wegkruip nie.
Sodra owerhede ’n aanval bevestig, sal Population Alert and Information Services (SAIP) binne die eerste 15 minute kontak maak. Jy kan ook 8 ander areas op die app dophou vir familielede wat nie naby is nie. In die toekoms gaan dié app jou waarsku oor ander gevare soos vloede, ongelukke, ensovoorts.
’n App wat bloedskande keer
Ysland het ’n bevolking van 323 002 (volgens hul 2013-statistieke) met nie baie voorvaders nie. Daarom is die kanse groot dat die persoon waarop jy verlief raak dalk verlangs familie is. Dankie tog vir Íslendingabók (vertaal as “Book of Icelanders”).
Laai hierdie app af en plaas dit teen ’n slimfoon van ’n ander Yslander. Hierdie app sal via ’n boodskap vir jou laat weet of jy en die ander persoon familie is!
“Siri, bel ’n ambulans”
Stacey Gleenson het in Maart vanjaar vir Siri op haar iPhone gevra om die ambulans te bel toe haar 1-jarige dogter ophou asemhaal het. Stacey se baba-monitor het blou geword en in die haas na haar dogter se kamer, het sy haar slimfoon laat val. Toe sy van Siri onthou (wat geaktiveer word as jy “hey Siri” sê) het sy begin skree vir ’n ambulans en toe die nooddienste op die lyn was, kon sy oor die mikrofoon van die slimfoon haar adres gee.
Stacey se dogter het oorleef en die nooddienste het ook vinnig by haar huis aangekom. Sy was so dankbaar vir Siri dat sy selfs ’n brief aan Apple gestuur het om dankie te sê. Siri is ’n program wat as ’n persoonlike assistent en navigator werk.
En dan is daar die ander kant van apps, wat dood kan veroorsaak
SANParks het vroeër hierdie maand vertel van die sterftes weens die gejaag na besigtigings in parke. Apps kan dus ook in die verkeerde hande lei tot hartseer. Ons hoef jou seker ook nie te herinner aan wat met die dolfyn gebeur het toe mense hom uit die water gehaal het vir selfies nie …
Die belangrike punt is om apps diskreet te gebruik en jou eie veiligheid (lees hier oor internetveiligheid) en dit rondom jou in ag te neem. Lees die verklaring van SANParke hier:
Lees nou
Kyk wat kan WhatsApp nóg doen!
’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!
The post Apps wat lewens red! appeared first on SARIE.