Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Mnr. SA dalk vanaand Mnr. Wêreld

$
0
0

Ons het talent én goeie gene in hope! Nie net is SARIE se Augustus-voorbladster, Rolene Strauss, in 2014 as die wêreld se mooiste gekroon nie, maar Suid-Afrika het onlangs ook twee Mev. Wêreld-titels opgelewer en die afgelope naweek is Mej. Doof Suid-Afrika, Janie Erasmus, as Mej. Doof Wêreld aangewys. 

Vanaand word Mnr. Wêreld in Southport, Engeland, gekroon, waar ons deur Mnr. Suid-Afrika, Armand du Plessis, verteenwoordig word.

Suid-Afrika het nog nooit dié kompetisie gewen nie, maar dit lyk of Armand dalk net ’n goeie kans het om met dié titel weg te stap.

“Ek dink my kans is goed. As ek nie wen nie, hoop ek my kamermaat, Mnr. Noord-Ierland, Paul Pritchard, wen. Maar die internasionale blogs love my en ek word goed geplaas,” het Armand aan SARIE.com gesê.

Die kompetisie duur 2 tot 3 weke en die deelnemers word getoets in ’n reeks uitdagings en onderhoude word met hulle gevoer. Dit sluit af met ’n regstreekse vertoning waartydens elke finalis die beoordelaars moet oortuig hoekom hy juis aangewys moet word as die wêreld se begeerlikste man.

Die uitdagings waarin die deelnemers tot nou hul staal moes wys, was: mode en styl, ekstreme sport (dit is ʼn militêrestyl-oefenprogram waartydens die deelnemers se krag en stamina, sowel as hul geestelike krag getoets word), en sport en fiksheid waarin gekyk is of die deelnemer ’n spanspeler is en uithouvermoë het.

12814482_847537218689069_952148220561534135_n

“Met net so ’n paar ure oor voor die kompetisie is ek bitter opgewonde. Ek het die verteenwoordigers van die 45 ander lande al ontmoet. Dit was ’n besige twee weke wat fisiek en intellektueel uitdagend was. Ons het onderhoude gehad, aan sportaktiwiteite deelgeneem en werk in die gemeenskap gedoen.

“En vanaand, glo ek, sal die beste kandidaat wegstap as die wenner. Die kompetisie behels baie meer as wat ek verwag het – ek het soveel van myself geleer. Die mededinging is sterk, maar ek is positief oor wen. Ek is ook dankbaar vir al die ondersteuning wat ek gekry het en hoop om vanaand Suid-Afrika trots te maak!”

Lees nou

5 dinge wat jy nié van Mnr. SA weet nie

 

The post Mnr. SA dalk vanaand Mnr. Wêreld appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294