Die bekroonde fliekmaker Regardt van den Bergh, bekend vir flieks soos Faith like Potatoes en Klein Karoo, gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ’n splinternuwe fliek uit sy pen, Uitvlucht, wat sy grootskerm-debuut op 27 Augustus by kykNET se Silwerskermfees gaan maak.
Uitvlucht vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n behoudende middelklas-vrou wat in ’n buite-egtelike verhouding alles verloor wat saak maak in haar lewe. In haar gebrokenheid kry sy werk op ’n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis, begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), ’n sagte vriendskaplike boer wat Uitvlucht besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou.
Sy kry egter nie net met haar eie probleme te doen nie, maar ook met ouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.
Dit is ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin.
Rolverdeling:
Clara Joubert van den Bergh – Anna
Stian Bam – Dok
Margot Luyt – Hetta
Carel Trichardt – Joshua
Jill Levenberg – San
Oscar Petersen – Pieta
Clyde Berning – Willie
Regisseur: Regardt van den Bergh
Skrywers: Regardt van den Bergh en Clara Joubert van den Bergh
Vervaardigers: Regardt van den Bergh en Vlokkie Gordon
Kindematograaf: Zenn van Zyl
Lees meer oor die kykNET Silwerskermfees HIER.
The post Uitvlucht – kykNET Silwerskermfees 2015 appeared first on SARIE.