Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

PJ, Claire en Zolani oor vrouwees

$
0
0

Hulle is sterk, talentvol, uniek. En al drie kunstenaars het ’n merk op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak. PJ Powers, Mango Groove se Claire Johnston en Freshlyground se Zolani Mahola gesels oor vrouwees.

Zolani het onlangs vir die tweede keer ma geword. En sy deel gereeld pragtige foto’s van haar twee seuns op sosiale media.

Zolani, hoofsanger van Freshlyground, word geïnspireer deur dié vroue wat bewus is van hul eie krag as individue.

“Hierdie vroue inspireer my om eerlik teenoor myself te wees en te leef, ten spyte van die situasie of die druk wat ek van buite ervaar.”

En haar grootste slagspreuk?

“Was skottelgoed voor refleksie (enlightenment) en was skottelgoed ná dit.”

Die hoofsanger van Mango Groove, Claire Johnston, se grootste inspirasie is die “alledaagse vroue”, die ongesiene helde.

“Dié vroue inspireer my. Hul heldedade word nooit gesien nie. Hulle maak kinders groot terwyl hulle ook werk, en hou op ’n manier ons samelewing bymekaar.”

FOTO Mango Groove webtuiste

FOTO Mango Groove webtuiste

En haar slagspreuk?

“Wees gaaf. En begin by jouself.”

Die vreeslose PJ Powers Thandeka, wat onlangs haar nuwe enkelsnit Stay vrygestel het, het van kleins af geweet dat sy musiek wil maak. En een van haar grootste inspirasies is haar eie ma.

“Maar elke vrou wat haarself is, nie bang om haar stem te laat hoor nie – sy is ’n inspirasie en ’n voorbeeld.”

FOTO PJ Powers se webtuiste

FOTO PJ Powers se webtuiste

En een van haar slagspreuke?

“Wees jouself. En glo in jouself.”

Ons lewe in die era van sosiale media, waar jong meisies daagliks aan nuwe kwessies en sosiale druk blootgestel word. Vir dié drie vroue is dit belangrik dat “meisies bewus moet wees van hierdie medium”.

Claire moedig meisies aan om nie hulself te veel in die aanlyn wêreld te verloor nie.

“Hou regte en lewendige verhoudings naby jou. Dis belangrik.”

En PJ meen meisies moet nie net sê wat almal wil hoor nie.

“Dis ’n platform waar jou stem gehoor word, sê waarin jý glo en nie wat die res van die wêreld wil hoor nie. Maar wees versigtig, dink voor jy praat. As dit eers in die kuberruim is, is dit vir ewig daar.”

En Zolani wil hê meisies moet weet dat hulle vandag deur ’n klein sosiale lens aanskou word.

“Wees bewus daarvan, wees bewus van die stereotiperings, werk daartéén. En wees jouself!”

Dié drie is deel van ’n magdom Suid-Afrikaanse vroue wat reeds ’n impak op ons land gemaak het. Daarom vier ons vandag elke vrou op Nasionale Vrouedag.

– Mango Groove en Freshlyground tree vandag by die Emmarentia-dam op ter viering van Nasionale Vrouedag. Vir meer inligting klik hier.

The post PJ, Claire en Zolani oor vrouwees appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294