Vir maande het die skindertonge geklap oor wié die pa van die Hollywood-aktrise Megan Fox se derde kind kan wees. En vanoggend is haar seun, Journey River Green, gebore.
Megan het die gehoor vroeër vanjaar verras toe sy met haar bababoep by CinemaCon in Las Vegas verskyn het om haar nuutste film, Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows, te bemark.
Dit was net agt maande nadat sy en haar man, Brian Austin Green, uitmekaar is.
Maar as ons die gerugte van E! News moet glo, is Brian nie net die pa nie, hy is ook weer deel van Megan se lewe. Die egskeiding gaan glo nie onmiddellik plaasvind nie.
Nóg bekendes wat binnekort ouers gaan word
Behati Prinsloo
Die Namibiese Victoria’s Secret-model, Behati Prinsloo, gaan een van die dae haar eersteling verwelkom. Sy het onlangs dié foto op sosiale media gedeel.
Candice Swanepoel
En die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel, ook ’n Victoria’s Secret-model, deel gereeld foto’s van haar magie.
A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on
Lees nou
Sangeres Andriëtte Norman is swanger
The post Megan Fox verwelkom derde kind appeared first on SARIE.