Wie kan Daryl Hannah en haar silwerblonde hare in die 1984-rolprent Splash vergeet? Beslis nie Hollywood nie! En dis hoekom hulle die treffer nog ’n keer gaan maak. Maar dié keer word Daryl se karakter deur niemand anderste nie as Channing Tatum vertolk.
Jy lees reg. Van Magic Mike tot Merman – Channing gaan die liefde van sy lewe buite die water gaan soek. Maar wie gaan Tom Hanks se karakter vertolk? Die komediant Jillian Bell.
Dis deesdae glad nie vreemd dat gender-rolle omgeruil word nie, veral as ou flieks oorgemaak word. In vanjaar se Ghostbusters is dié spookbevegters deur die aktrises Melissa McCarthy, Kristen Wiig, Kate McKinnon en Leslie Jones vertolk. En Chris Hemsworth, wie se spel die kollig gesteel het, was dié span se sekretaris.

FOTO Facebook Tufts Medical Center
Die 1975-treffer The Rocky Horror Picture Show gaan deur Fox oorgemaak word, berig E! News. En hierdie keer word die hoofrol van Dr. Frank-N-Furter vertolk deur die transgender aktrise Laverne Cox. Sy is veral bekend vir haar rol in die tronkreeks Orange is the New Black.
En die avontuur-rolprent The Mummy, waarvoor die Suid-Afrikaner Arnold Vosloo bekend geraak het, word ook oorgemaak. Hy speel nie in die nuwe fliek nie, want dié keer vertolk aktrise Sofia Boutella die rol van die antagonis.
Lees nou
The post Channing Tatum die nuwe Daryl Hannah appeared first on SARIE.