Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ge-bling is Elize Cawood reg vir die lente

$
0
0

The Beatles, Elvis Presley, Cliff Richards, Bob Dylan en Pat Boone. Dié musikante was die klankbaan van die aktrise Elize Cawood se jeug.

“Dit was die jare van The Beatles. Ons het die plate so onder mekaar uitgeruil en met ’n portable platespeler het ons omtrent musiek geluister,” vertel Elize aan SARIE.com.

En as haar lewe ’n temalied was?

“Van Morrison se ‘Have I Told You lately that I Love You’.” Gelukkig hoor Wilson Dunster, Elize se man, dit gereeld.

Wilson en Elize is soos sout en peper, vinkel en koljander, pannekoek en kaneel. As jy dié twee in ’n fliek of verhoogproduksie saam sien is daar nét magic. En Elize sê hulle geniet dit steeds om ná al die jare saam te werk.

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992 FOTO Verskaf

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992
FOTO Verskaf

In Sy Klink Soos Lente speel Wilson en Elize wéér saam.

“Maar ek het ’n klein rolletjie. Jy gaan jou oë knip dan is ek weg,” skerts sy.

Elize speel tannie Martie die eienaar van ’n nagklub waar die Groenblare (Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster en James Cuningham) probeer om op te tree.

“Sy was baie fun. Gehard, sy rook selfs pyp, maar het eintlik ’n klein hart.”

Skermgreep Youtube

SKERMGREEP Youtube

Die groep stig net die Groenblare om hul vriend, Ben (Stiaan), te help om liefde te vind.

Elize sê dit was lekker om saam met die “jongklomp” te werk.

“Wonderlike klompie mense, hulle is net stunning. En die draaiboek is snaaks, mooi, heerlik! En jy weet die bedryf word in goeie hande gehou.”

Sy Klink Soos lente

Kyk hoe rook sy pyp in Sy Klink Soos Lente:

Cover ‘Sy Klink Soos Lente’ en WEN!

Dieselfde woorde, maar ’n hele nuwe liedjie. Bouwer Bosch en die span van die Afrikaanse film waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nooi jou uit om jou eie weergawe van die temalied, “Sy Klink Soos Lente”, op te neem. Jy kan WEN!

Klik hier vir meer inligting.

Lees nou

Wêreld, ontmoet die hoofsanger van Groenblare, Ben #SKSL

Ja, Amalia stres ook!

Amalia en Egoli se Jo!

 

The post Ge-bling is Elize Cawood reg vir die lente appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294