Amy Schumer, die blondekop met die skerp sin vir humor, is besig om die wêreld te verower. Komediant, skrywer en aktrise. Amy se talente ken geen perke. En sy was selfs al twee keer op die voorblad van Vogue.
Hier’s 10 goed wat jy eenvoudig van Amy móét weet:
1. Op skool was sy die klasnar en die leerling wat vir onderwysers die meeste nagmerries gegee het.
2. Amy het self die draaiboek van haar debuut-rolprent, Trainwreck (2015), geskryf en was ook een van die medevervaardigers. Sy het ’n Oscar-benoeming vir beste draaiboek gekry vir dié fliek.
3. Sy is die vervaardiger, skrywer en aktrise van die reeks Inside Amy Schumer en het in 2015 ’n Emmy-toekenning daarvoor gewen.
4. Haar beste vriendin is Jennifer Lawrence.
5. Sy het in 2012 aan die reeks Last Comic Standing deelgeneem en vierde geëindig.
6. Sy is al drie keer deur die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz afgeneem. Die eerste keer vir die Pirelli-kalender, die tweede keer vir die voorblad van Vanity Fair en die derde keer vir Vogue.
Beautiful, gross, strong, thin, fat, pretty, ugly, sexy, disgusting, flawless, woman. Thank you @annieleibovitz pic.twitter.com/kc0rIDvHVi
— Amy Schumer (@amyschumer) November 30, 2015
7. Amy is mal oor haar kurwes.
8. Sy het ’n musikant-broer, Jason, en ’n skrywer-suster, Kim. Haar suster skryf ook vir Inside Amy Schumer.
9. Van kleins af verlief op die Oscar-wenner Christian Bale. Maar deesdae hoort haar hart aan ’n meubelontwerper, Ben Hanisch.
2 awards tonight!!! A photo posted by benhanisch (@benhanisch) on
10. Amy het vir Goldie Hawn oortuig om uit haar aftrede terug te keer na die silwerdoek. Dié twee gaan saam in ’n nuwe komedie, geskryf deur Amy, speel.
Kyk net hoe snaaks is sy en die redakteur van Vogue, Anna Wintour:
Bronne: Entertainment Online, Variety, Vogue, Vanity Fair, Time
The post 10 goed wat jy van Amy Schumer moet weet appeared first on SARIE.