Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Die Mansers uiteindelik in Hawaii

$
0
0

4000 km later kan die avonturier Riaan Manser en sy vrou, Vasti Geldenhuys, uiteindelik hul wittebrood in Hawaii hou! Hulle het gister in Waikiki, Hawaii, aangekom ná hulle 39 dae op see was.

Die Manser-paartjie is die eerste Suid-Afrikaners wat oor die Stille Oseaan geroei het. Maar dis nie al nie. Hulle het ’n wêreldrekord geklop toe hulle die vinnigste oor die Stille Osean geroei het, spesifiek tussen die Mid-Pacific Oos- en Wes-strook.

Vasti het die goeie nuus op sosiale media gedeel.

Vasti Geldenhuys Facebook

Baie geluk, Vasti en Riaan!

Lees wat ons 5 Augustus oor hulle geskryf het:

Enige ander paartjie sal so vinnig moontlik by die bestemming van hul wittebrood wil uitkom. Maar die avonturier Riaan Manser en sy vrou, Vasti Geldenhuys, is nie sommer enige paartjie nie. Hul wittebrood, wat afgeskop het op ’n roeiboot op die Stille Oseaan, van San Francisco na Hawaii, is halfpad! En dit is ’n tawwe reis …

Riaan en Vasti, ’n advokaat, was die eerste mense wat van Afrika na New York geroei het. En as hulle dié wittebrood-vaart van sowat 4000 km suksesvol voltooi, sal dít ook ’n eerste ter wêreld wees!

Leaving on Honeymoon

FOTO Verskaf

“Dié avontuur verskil baie van ons vorige roeitog. Die weer is erger, die see is baie rof … Ons grootste uitdaging is om die regte besluite te neem om lewendig in Hawaii te kom,’’ laat weet Riaan per e-pos.

Kyk hul snaakse video hier:

Maar soos Vasti sê, dit help nie hulle probeer hul bés nie.

“Jy moet méér as dit doen. Jy moet sorg dat al die take wat jy moet uitvoer, wel gedoen word. So eenvoudig soos dit.”

- Vasti Geldenhuys

Tóg gee albei toe hulle is dag en nag angstig.

“Angs het ’n manier om jou gedagtes oor te neem. Al wat ons kan doen, is om die klimaat noukeurig te bestudeer en mekaar te vertrou,” sê Riaan, koelkop.

Hy reken nie dis nodig om mekaar moed in te praat nie. “Ons albei verstaan mos die idilliese Hawaii wag op ons. Elke oggend, as ons opstaan, is ons dag se plan opgestel: Ons weet hoe lank ons gaan roei, wat ons gaan eet en wié watter take moet doen.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Hulle beplan nog nie ’n volgende avontuur nie. “Ons wil net ons wittebrood in Hawaii ten volle geniet,’’ vertel Riaan.

Die twee sal, na raming, hul bestemming teen die einde van Augustus bereik.

“Die reis het ons net weer laat besef die natuur moet met groot respek hanteer word. Ons het al soveel plastiek en gemors in die see sien dryf. Dit is skrikwekkend – meer rommel as seelewe,” sê hy.

Hulle is bly om weer terug te wees op hul roeiboot.

20160715_072130

FOTO Verskaf

“Die alleenwees gee ons weer eens tyd om oor baie dinge te gesels, weg van die besige lewe by die huis. En dit is lekker om alles weer eerstehands te ervaar,” vertel hy.

FOTO: Twitter / @goberholzer

FOTO Twitter / @goberholzer

Volg hulle avontuur gerus hier asook op Facebook.

The post Die Mansers uiteindelik in Hawaii appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Die beste tyd van my lewe


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur