Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie

$
0
0

Sy is talentvol, beeldskoon en plat op die aarde. En dié week by kykNET se Silwerskermfees is die aktrise Christia Visser in die rolprente Allison en Tess te sien, asook in die kortfilm Die bok. Met die naweek wat afskop deel Christia haar smullekker potjie-resep! “Dit is seker nou nie die gesondste ete nie, maar lekker bly darem lekker.”

Volgende week begin sy werk aan ’n nuwe vollengterolprent waaroor sy baie opgewonde is, maar nog nie veel kan sê nie.

Benewens hard werk, hou Christia ook van ontspan en kosmaak. “Ek onthou talle lekkerlag-aande om dié pot en het dit by my pa leer maak. My sussie en ’n vriendin van haar het dit ook een jaar op skool vir ’n potjiekos-wedstryd ingeskryf en gewen!”

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Christia se hoender-noedelpotjie

Bestandele: 

• hoender (boudjies, dye en borsies)

• botter

• olyfolie

• sout, peper en speserye na smaak

• sampioene

• gerasperde kaas

• “nessie”-spaghetti/vermicelli

• ingedampte melk (Ideal Milk)

• volroommelk

• uie

NB – Geen oop vlamme onder die pot!

Metode:

1) Braai hoenderstukke in olyfolie en botter tot bruin.

2) Voeg een tot twee blikkies ingedampte melk en net soveel volroommelk by (dit hang af hoeveel jy maak). Onthou net dat daar genoeg vloeistof moet wees, want pasta raak dors.

3) Voeg gesnyde uie en speserye by.

4) Kook tot die hoender sag is.

5) Voeg pasta by en kook verder tot medium sag.

6) Plaas dungesnyde sampioene en baie gerasperde kaas bo-op.

7) Maak deksel toe sodat kaas lekker kan smelt.

Wanneer die kaas gesmelt het, is dit etensyd!

Smul ook aan ander bekendes se geregte

Bekendes eet: Anél se sjokolade-drankie

Schalk Bezuidenhout se ‘smore’

Banting: Vicky se sjokolade-en-klapperbolletjies

The post Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294