Ná twee huwelike wat verbrokkel het en vier verhoudings wat op die rotse beland het, is Britney Spears klaar met mans.
“Nee wat, ek sal nie weer trou nie. Ek glo nie meer in die huwelik nie. Nee, ek is klaar met mans,” het Britney aan James Corden van The Late Late Show with James Corden vertel.
Britney het in die gewilde insetsel “Carpool Karaoke” verskyn.
Sy het aan James verklap dat sy nog 3 kinders wil hê, maar sonder die moeite van ’n verhouding.
“Ek wil nie meer iets met mans te doen hê nie.”
Kyk dié insetsel hier:
Dis hoe Britney geval het en weer opgestaan het.
Lees nou
Silwerskerm: Christia se hoender-noedelpotjie
Bekende sanger gaan nóóit weer grimering dra nie
Dis koue kos, skat: ’n Romkom met “balls”, sê Ziets
The post Britney is klaar met mans! appeared first on SARIE.