Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Max Greenfield van New Girl-faam word pa

$
0
0

Die akteur Max Greenfield wat veral bekend is vir sy rol as Schmidt in die gewilde TV-reeks New Girl, het pas pa geword, berig E! Online.

Hy en sy vrou, Tess Sanchez, het bekend gemaak dat hul seun Ozzie James Maandag gebore is.

’n Bron het aan E! Online vertel dat Tess en Ozzie albei gesond en gelukkig is.

Max sal binnekort in American Horror Story: Hotel te sien weewaarvoor hy 15kg moes afskud omdat hy ’n dwelmverslaafde in dié reeks speel.

Die 5de seisoen van New Girl sal ook een van die dae die lig sien.

Max en Tess se eersteling, Lilly, is 5 jaar oud.

Bron: E! Online

Lees ook

The post Max Greenfield van New Girl-faam word pa appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294