Dis 55 jaar sedert die ontslape Jacqueline Kennedy, oftewel Jackie Onassis, in die Withuis gewoon het. Maar ná al die jare bly sy steeds ’n fassinerende figuur. Sy’s meer as 26 keer op die silwerdoek en klein kassie uitgebeeld. En die nuutste aktrise om haar te vertolk is niemand anderste nie as die Oscar-wenner Natalie Portman.
Natalie lyk nie net soos Jackie nie, maar het ook haar stem verander om soos Jackie te klink. In die biografiese fliek Jackie is die fokus op die tydperk ná oud-president John F. Kennedy se sluipmoord.
Die aktrise, wat haar tweede kind verwag, se spel het groot lof van kritici ontvang. Volgens Vanity Fair kan die rol vir haar ’n tweede Oscar sorg! Hoewel Emma Stone glo op die oomblik die voorloper is vir hierdie beeldjie – lees meer hier.
Kyk ’n uittreksel uit dié fliek hier:
Hier’s ’n oorspronklike onderhoud met Jackie:
Nog ’n aktrise wat baie soos Jackie lyk, Katie Holmes, het haar in 2011 vertolk in die minireeks The Kennedys. Sy is tans besig om ’n opvolg-minireeks te skiet, The Kennedys: After Camelot, wat handel oor die tydperk ná die Withuis.
Lees meer
Bekendes deel mooi bababoep-foto’s!
Hoe maak Leandie & Amalia reg vir vanaand?
The post Jackie O op die silwerdoek appeared first on SARIE.