Vind jy die geur van rose onweerstaanbaar?
Jy kan verwag om vanjaar ’n paar nuwe roosparfuums te sien. Dis op die oomblik ’n groot gunsteling in die parfuumwêreld én ook in ons skoonheidskas. Daarom is Montblanc se Lady Emblem, met roos as sterbestanddeel, nou die perfekte toevoeging tot jou parfuumversameling.
’n Parfuumkenner het eenkeer gesê mans is mal daaroor as ’n vrou ’n roosgeur dra, sê Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur. Dis omdat dit vir hulle ’n bekende reuk is. Dit herinner hulle ook aan ’n bos blomme, iets wat hulle assosieer met vroulikheid en bederf.
Die luukse bottel is net so verleidelik soos die geur self. Dit is ’n replika van die Montblanc-diamant wat spesiaal vir hul 100ste herdenking ontwerp is. Montblanc se bekende wit ster-embleem was die inspirasie agter dié eiesoortige diamant met sy 43 skitterblink fasette. Dit het ’n volle agt jaar geneem om die ontwerp te vervolmaak!
Die sensuele vrugtige blomgeur is ’n kombinasie van ligte, vars note en swaarder houtagtige geure:
• Die topnote bestaan uit speseryagtige pienkpeper en sprankelende pienk pomelo.
• Roos-saki is die kroonbestanddeel. Dit word verkry deur ’n gesofistikeerde distillasie-proses. Dié noot is uniek omdat dit die een oomblik na roos ruik en die volgende oomblik na vrugte soos lietsjie en varsgesnyde gras. Ander note wat deel uitmaak van die parfuum se hart is Chinese jasmyn en granaat.
• Sandelhout en muskus in die basis gee ’n dieper, poeieragtige geur aan die parfuum.
Het jy geweet?
• Montblanc (ook geskryf Mont Blanc) is die Franse woord vir “wit berg”.
• Montblanc se wit ster-embleem met sy ses punte verteenwoordig die Mont Blanc-berg se sneeubedekte piek van ’n bo-aansig. Dit is die hoogste berg in die Alpe.
• Hoewel Montblanc bekend is vir hul luukse penne, vervaardig hulle ook horlosies, fyn juwele, brilrame, leergoedere en parfuums.
• Montblanc het hul eerste parfuum, Presence, in 2001 bekend gestel – ’n Oosterse speserygeur vir mans. Hul eerste vrouegeur, Présence d’Une Femme, het ’n jaar later die lig gesien.
WEN nou ’n Montblanc-geskenkpak ter waarde van R2 600. Wedstryd sluit op 24 Oktober 2016.
Lees nou
5 roosparfuums waarvan ons nie genoeg kan kry nie!
Jou parfuumgids: Antwoorde op jou vrae
Hoe om die perfekte parfuum te koop
The post Roosparfuums is nou gróót appeared first on SARIE.