Teenpole in die wêreld van kuns en kultuur: Mandoza en Nataniël. Met die eerste oogopslag is die een ding wat hulle gemeen gehad het, hul kaalkoppe. Maar vir ’n paar jaar het dié twee saam advertensies vir Checkers se Championship Boerewors-kompetisie geskiet. En het hulle Suid-Afrikaners laat lag!
Sondag is die legendariese kwaito-sanger Mandoza in die ouderdom van 38 oorlede. Hy het sy stryd teen breinkanker verloor. Hy het reeds verlede jaar kankerbehandeling ondergaan, maar die siekte het ongelukkig na sy brein versprei.
Mandoza was veral bekend vir treffers soos 50/50 en Nkalakatha.
Die sanger Danny K, wat ’n goeie vriend van Mandoza was en saam met hom gesing het, het ’n emosionele huldeblyk op ZA Trends geskryf.
“Eens in ’n leeftyd kom daar ’n kunstenaar wat dit regkry om verby kleur, ras, kultuur, taal en persepsie te beweeg. En in my leeftyd kan ek aan niemand anders dink as Mduduzi Edmund Tshabalala aka Mandoza … Rus sag, my broer, my vriend.”
- Danny K oor Mandoza
Nataniël onthou vir Mandoza as stil, selfs skaam.
“Hy was baie anders as op die verhoog. Hy’t altyd na my gestaar en dan sy kop net geskud. Hy kon nie glo wat alles by my mond uitkom nie. Ek onthou hom as baie trots op sy familie; dít kon jy gou agterkom,” het Nataniël aan SARIE.com gesê.
“Ek kry hulle baie jammer oor hul tragiese verlies.”
Checkers sê: “Dit was altyd ’n plesier om met Mandoza te werk. Ons sal sy nederigheid onthou, maar veral ook Mandoza se lekker sin vir humor.”
Hier’s van Nataniël en Mandoza se oomblikke saam:
Mandoza laat ’n vrou, Mpho, en vier kinders agter.
Lees nou
Postnatale depressie: Die tekens
Sound of Music se Liesl oorlede
The post Nataniël oor ontslape Mandoza appeared first on SARIE.