Brangelina, oftewel Brangie, se huwelik is op die rotse! Ná 2 jaar van getroud wees het die Oscar-wenner Angelina Jolie besluit om van Brad Pitt te skei.
Die paartjie het in 2014 ná 10 jaar saam besluit om Meneer en Mevrou Brad Pitt te word. Die skinderblad TMZ het die nuus van hul egskeiding gebreek.
Hulle het 6 kinders saam, waarvan 3 biologies is. Maddox (15), Pax (12), Zahara (11), Shiloh (10) en die tweeling Knox en Vivienne (8). Dit klink of Angie toesig oor die kinders wil kry.
Die paartjie het op die stel van die aksiefliek Mr. and Mrs. Smith ontmoet. Brad was toe nog getroud met Jennifer Aniston.
The post Brangelina skei ná twee jaar appeared first on SARIE.