Of jy nou van dié koninklikes hou of nie, hul kinders bly darem ougat! En soos altyd het prins George en sy kleinsus, prinses Charlotte, die harte gesteel. Dié twee is saam met hul ouers, hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, op ’n koninklike toer in Kanada.
Op dag 5 was hulle saam met hul pa en ma by ’n teepartytjie vir Kanadese militêre personeel en hul gesinne. Prinses Charlotte het spontaan na die ballonne gehardloop en ’n hasie gedruk. En prins George het homself verkyk aan die borrels wat geblaas word. Jy wil hulle net opvreet!
Kyk die oulike video hier:
Lees nou
6 Wenke om ’n groentetuin te maak
Wat sê Amalia se kêrel ná haar soen-scene?
Maak só grondboontjiebotter-muesli
The post FOTO’S: Prinses Charlotte en prins George in hul element appeared first on SARIE.