Wees gereed, klein monsters: Lady Gaga gaan vanjaar by die Super Bowl se halftyd-vertoning optree, berig The Huffington Post! En ons kan nie wag om te sien wat sy gaan doen nie.
Die sangeres het vroeër vandeesmaand die enkelsnit “Perfect Illusion” van haar verwagte nuwe album vrygestel. Die enkelsnit kom 3 jaar ná die bekendstelling haar vorige album, Artpop.
Vervelig is definitief nie ’n woord wat jy gebruik as jy dié Grammy-wenner beskryf nie. En te oordeel na haar vorige optredes is almal opgewonde om te sien hoe vreemd en wonderlik dié vertoning gaan wees.
Hier is ’n lys van haar mees buitensporige oomblikke: Die pop-sensasie “bloei” in 2009 tydens haar optrede by die VMA-toekennings.
Seven years ago today I became a little monster when I watched her iconic 2009 VMA performance @ladygaga pic.twitter.com/IJpPPaX9dX — Ka†ie Gaga (@ARTPOPmonsterr) September 16, 2016
Kyk die video hier:
Die vleisrok wat Lady Gaga na die MTV-toekennings in 2010 gedra het.
Lady Gaga arriveer in ’n groot plastiekdop by die Grammy-toekennings in 2011.
Die sangeres het nie ’n enkele blasie laat bars toe sy haar treffer “Paparazzi” in New York gesing het nie.
Bubbles dress #MTVHottest Lady Gaga pic.twitter.com/CoWMeNWGJ3 — Kiki Irmas Kristanto (@kikikristanto) August 4, 2014
Kyk die video hier:
Wat dink jy gaan sy by vanjaar se Superbowl-optrede doen?
Vir ekstra Vrydag-pret, kyk die video van Lady Gaga se nuutste enkelsnit “Perfect Illusion”.
Lees nou
Lady Gaga se nuutste – uiteindelik ná 3 jaar!
Lady Gaga se verlowing is verby
The post Lady Gaga by die Super Bowl! appeared first on SARIE.