Wie kan die impak van die Disney-rolprent Beauty and the Beast (1991) vergeet? Dit was die eerste animasiefliek wat ’n benoeming vir beste rolprent by die Oscars gekry het. En dit was die eerste Disney-rolprent wat verwerk is as ’n musiekblyspel vir Broadway!
En nou wag die wêreld in spanning vir die “lewende” weergawe van Beauty and the Beast met akteurs soos Emma Watson en Dan Stevens.
Tot onlangs is net voorsmaak-lokprente gedeel, maar oor die naweek is twee foto’s van dié produksie oor die kuberruim gelek. En een van hulle is die ikoniese danstoneel!
Emma Watson is so perfect to make “The beauty and The beast” pic.twitter.com/wIYwV05KKv
— Lorena Alves (@lorena_alves04_) September 30, 2016
Emma Watson’s Belle Dances With Beast in New Beauty and the Beast Images pic.twitter.com/xlgqtnm0Od
— Great-Stuff (@Splurgehub) September 30, 2016
Kyk die twee voorsmaak-lokprente hier:
Disney is in ’n nuwe fase, want al hul klassieke animasie-films word oorgemaak. Cinderella (2015) en Jungle Book (2016) het reeds enorme sukses by die loket behaal en groot lof van kritici gekry.
Ander Disney-treffers soos Mulan, The Little Mermaid en Mary Poppins gaan ook oorgemaak word. En verlede week is aangekondig dat ons ook ’n nuwe weergawe van die groot gunsteling The Lion King gaan sien!
Walt Disney Studios gaan nou met die regisseur Jon Favreaukragte saamspan om binnekort te begin werk aan die nuwe produksie, berig Fortune.
Die projek volg ná die reuse-sukses van die nuutste The Jungle Book, ook onder regie van Favreau. Die rolprent het tot dusver $965,8 miljoen wêreldwyd verdien.
The Lion King is in 1994 uitgereik en is steeds een van die gewildste animasierolprente van alle tye.
Lees nou
Arno maak eerste Afrikaanse CD
The post FOTO’s: Beauty and the Beast appeared first on SARIE.