Dra jy ’n broekpak, voel jy onmiddellik vol mag en selfvertroue. En kombineer jy dié broekpak met die kleur rooi, is die eindresultaat eenvoudig: Sexy met ’n sake-skop!
Die aktrise Kristen Stewart het verlede week die asem weggeslaan toe sy in ’n wynrooi broekpak by die première van haar rolpent Certain Women opgedaag het.
“Die power suit kom beslis terug. Dankie, Hillary!” het Kristen se stilis, Tara Swennen, aan Vanity Fair gesê. “Ek dink wanneer enige man of vrou ’n pak dra, gee dit dadelik daardie gevoel van mag en krag.”
Sy het dié uitrusting met ’n rooi lip en rokerige oë gekombineer. Haar bottelblonde hare was teruggekam. Sjiek en sexy!
Volgens Lien Potgieter, ’n kleurterapeut en -adviseur van Benoni, beteken rooi dat jy ernstig opgeneem wil word. “Luister na wat ek te sê het, want dit het waarde.”
Maar dis ook ’n gevaarlike kleur.
In die eerste presidensiële debat het Hillary Clinton besluit om ’n rooi pak te dra. “Sy het beslis vir Donald (Trump) ’n persoonlike boodskap gestuur: ‘Dink twee keer voor jy my aanvat.’ Sy was gefokus.”
Kendall Jenner het vroeër vanjaar ongelooflik gelyk in ’n rooi broekpak op die Estée Lauder-advertensie van hul Modern Muse Le Rouge-parfuum.
Só dra jy ’n rooi pak sonder om soos Kersvader te lyk!
• ’n Noupassende baadjie
• ’n Skoon V-neklyn. Hoe dieper die V, hoe sexier
• En killer heels
Lees nou
Sonskerm-oplossings vir dié wat sonskerm haat
The post Rooi broekpak – sexy en sjiek! appeared first on SARIE.