Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bertus Basson se diere kry hul eie restaurant

$
0
0

Bertus Basson ken van goeie kos en hy weet as jy lekker wil eet, moet jy by Suid-Afrikaanse kos begin. Hy bedryf onder meer die suksesvolle Overture-restaurant op die Hidden Valley-wynplaas buite Stellenbosch, wat weer benoem is as een van SA se top-20 eetplekke op die prestasieryke EatOut-lys.

Maar as jy vir Bertus ken, weet jy hy is baie lief vir sy diere en het ’n aardige paar troeteldiere: Spek, Bone, Snoek en Patat. En nou die groot nuus: Spek en Bone kry eersdaags ’n restaurant wat na hulle genoem is, en dit nogal in Dorpstraat in die hart van Stellenbosch.

Screen Shot 2016-10-13 at 10.07.39 AM

Watse tipe kos kan ons by Spek en Bone verwag?

Ek glo Suid-Afrikaanse kos is die lekkerste, daarom begin alles wat ek aanpak by Suid-Afrikaanse wortels. By Spek en Bone gaan ons klein bakkies kos voorsit wat gaste met mekaar deel. Deelkos is die beste manier van saamkuier.

Screen Shot 2016-10-13 at 10.08.18 AM

Was Spek en Bone al by die restaurant?

Nee, nog nie. Ons gaan hulle binnekort wys, maar ek dink hulle vermoed daar is iets aan die kom. Wie wil nou nié deur ’n restaurant vernoem wees nie!

12729339_10153895098080610_8023744314291315721_n

Bertus se Spek gaan oral saam met hom

Hoe voel Snoek en Patat oor die keuse van die nuwe eetplek se naam?

Ja, shame man, hulle weet ook nog nie, maar soos ’n goeie pa sal ek seker maak dat hulle darem ook iewers in die restaurant feature! Dalk hulle ’n spyskaart, of iets in die dekor. Ek sal seker maak hulle voel nie afgeskeep nie.

Wanneer maak die restaurant oop? Jy weet hoe gaan dit met ’n bou-storie. Jy is nooit 100% seker nie, maar ek mik om 1 November die deure oop te maak vir heerlike kos en kuiers!

Overture is hierdie week weer deur Eat Out benoem as een van SA se top-20 eetplekke. Waarom, dink jy, haal die restaurant elke jaar die lys?

Ons hou aan met groei, konstant. Hou aan met goeie kos voorsit sonder te veel tierlantyntjies. Ons glo ons kos moet Suid-Afrika se unieke geure en smake weerspieël. Goeie kos is wat ons elke jaar op die lys sit.

Waarom moet ek by Overture kom eet? Want die kos is F%^$ lekker! Regtig, jy gaan nêrens so lekker eet soos by Overture nie.

Regtig? is dit so lekker dat jy self elke dag daar wil eet? JA! Sonder om twee keer te dink. Ons maak kos by Overture wat heerlik smaak, sonder pretensie is en wat eenvoudig lekker is om te eet.

Wat eet jy graag as troos wanneer niemand kyk nie? Vandag nog, wanneer ek van die buiteland af kom, pyl ek dadelik op die lughawe se Spur af vir my fix.
Die burger-belustigheid oorval hom soms op pad huis toe ná ’n kookskof. “Dan bel
ek die Spur in die Strand uit my kar uit en bestel ’n wegneemburger met tjips, en vir my hond, Patat, die ribbetjies.” (SARIE KOS 2010)

Spek en Bone is beste vriende van kleins af al. FOTO Facebook

Spek en Bone is beste vriende van kleins af al. FOTO Facebook

Lees nou

Glee-ster trou met haar rocker

Soen meer – dis gesond!

Hoekom kry Sean Penn al dié vroue?

The post Bertus Basson se diere kry hul eie restaurant appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Hygliteratuur: Buurtwag II


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur