Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

VIA-gunstelinge ook op ShowMax

$
0
0

Vanaf 20 Oktober vat Media24 se Afrikaanse leefstylkanaal, VIA (DStv-kanaal 147), hande met die video-op-aanvraag-intekenaardiens ShowMax. Nie minder nie as nege van dié kanaal se gunsteling-programme sal op ShowMax Diaspora aan Suid-Afrikaners in die buiteland beskikbaar wees, en agt op die plaaslike aanbod. Daar is nou heelwat meer plaaslike kykgenot wat vir ShowMax-gebruikers op enige toestel wag. Local was nog nooit só lekker nie.

Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, sê: “Ons is goeie pasmaats, VIA en ShowMax. Ons albei is jong, vars platforms wat gehore op nuwe maniere wil vermaak. Ons glo ShowMax sal nóg ’n plek wees waar mense wat lief is vir ’n eg Suid-Afrikaanse leefstyl, ons sal vind. VIA is een van Afrikaanse DStv-kykers se gunsteling-leefstylkanale. Dit is dus gepas dat ons op die vooraand van ons eerste verjaardag nog ’n platform betree.’’

Die agt VIA-programme wat op ShowMax verskyn, wentel om kos, styl en verhoudings. Kykers kan uitsien na Vrydag 4 uur (seisoen 1 tot 3): ’n ongewone reisprogram met die oulike jong paartjie Alti Fouche en Dirk Smit. In die trouprogram Pasgetroud (seisoen 1 en 2) kyk paartjies of hul troudagdrome waar word. Op die koel kostrokreeks Padkos (seisoene 1 en 2) kook die aanbieder Leroux Botha sy 40-word-angs weg.

Daar is ook twee geselsprogramme vir kykers: Op Driekuns (seisoen 1) deel drie bekendes wat in dieselfde veld presteer, hul stories oor hul lewe en loopbaan. In ’n Halfuur met Hanlie (seisoen 1 tot 3) gesels Suid-Afrikaanse raakvatters met Rapport se bekende Hanlie Retief.

Op VIA se gewilde maatsoekprogram, Die kliek (seisoen 1 tot 3), is dit meer van ’n gelag as enigiets anders wanneer die komediant Schalk Bezuidenhout die groep vroue met behulp van sosiale media help liefde soek. In Op pad met Dana (seisoen 1) reis die skrywer Dana Snyman die land plat op soek na stories van hoop. En in die trefferreeks Brood en botter (seisoen 1) met die supersjef Bertus Basson word nuwe kostalent gesoek en gevind.

Vir ShowMax-gebruikers wat oorsee woon, is daar ook VIA se gewildste program in die pakkie: Kom ons braai (seisoen 1 tot 3). Hier kuier onbekendes oor een weer om te sien wie as die braaikoning van die episode gekroon word.

“Ons is opgewonde om VIA beskikbaar te maak aan ons ShowMax-intekenare wêreldwyd en plaaslik sorg hul programme nou vir die varsste plaaslike inhoud op die platform,” sê Jeanne van Zyl, hoof van ShowMax Diaspora.

In Suid-Afrika kos ShowMax R99 per maand en vir ons buitelandse burgers sal dit $8.99 USD per maand uit die sak jaag. Jy kan jou gunsteling-programme op enige rekenaar, slimfoon, tablet en slim-TV’s kyk.

VIA, kanaal 147 op DStv, is gemik op Afrikaanse gesinne en wentel om kos, styl en verhoudings. Met drie ure vars inhoud elke weeksaand tussen 17:30 en 19:00 en weer tussen 20:00 en 21:00.

Besoek viatv.co.za vir meer inligting.

 

The post VIA-gunstelinge ook op ShowMax appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!