Die model Chrissy Teigen en Grammy-wenner John Legend se eersteling, Luna, is te oulik. En Chrissy wéét dit ook.
Die Amerikaners vier binnekort Halloween en Chrissy het besluit om vir klein Luna, wat 6 maande oud is, in vier uitrustings aan te trek. Ons neem haar nie kwalik nie, want met elke uitrusting smelt jou hart net meer en meer.
Kyk net hoe dierbaar lyk sy:
You can’t possibly think I only bought the hot dog
A video posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on
Chrissy en John het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.
Sy het op 12 Oktober verlede jaar haar swangerskap bekend gemaak en gesê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle was toe verheug oor die kleinding wat op pad is.
En nou draai klein Luna haar ma en pa om haar pinkie.
Lees nou
Dié 3 beroepe het die meeste stres
Kyk die Gilmore Girls lokprent!
Kyk die Gilmore Girls lokprent!
The post Chrissy Teigen trek Luna te skattig aan appeared first on SARIE.