Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Downton Abbey –’n musiekblyspel?

$
0
0

In 2010 het die kostuumdrama Downton Abbey in ons harte ingekruip. En vir ses seisoene het ons gedeel in die wel en wee van die Crawleys en hul personeel. Verlede jaar het hulle finaal van ons kassies verdwyn. Maar nou het die skepper Julian Fellowes aangekondig dat Downton Abbey ’n musiekblyspel gaan word!

Volgens The Telegraph is ’n musiekblyspel in die pyplyn, maar van die spelers sal vervang moet word omdat die meeste van hulle nie kan sing nie.

Aikôna, het jy geweet dié spelers kan in die werklike lewe sing?

Elizabeth McGovern – Lady Cora Crawley

Michelle Dockery – Lady Mary Crawley

Lily James – Lady Rose Aldridge

Maggie Smith – Violet, gravin-weduwee van Grantham

En die akteur Dan Stevens, wat Matthew Crawley gespeel het, speel nou die Beast in Disney se nuutste aanpassing van Beauty and the Beast. Die karakter Belle word deur Emma Watson gespeel. Die fliek begin 2017 in fliekteaters draai.

Lees nou

Miley en Liam ís toe verloof!

Dié 3 beroepe het die meeste stres

Christia Visser: My top-skoonheidswenke

The post Downton Abbey – ’n musiekblyspel? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294