Die Olimpiese swemmer Michael Phelps het nie net ’n talent om goue medaljes te wen nie, maar ook om geheime te hou! In Junie vanjaar, tydens die Olimpiese Spele in Rio de Janero, Brasilië, was hy en sy vrou, Nicole Johnson, reeds vir twee maande in die geheim getroud.
Die afgelope naweek het die paartjie wéér getrou. In Cabo San Lucas, Mexiko, het hulle voor 50 gaste ’n formele huwelikseremonie gehou, berig E News.
Die paartjie het verlede jaar verloof geraak en vroeër vanjaar ’n seuntjie, Boomer, verwelkom.
Baie geluk, Michael en Nicole!
Lees nou
JA of NEE? Gwyneth Paltrow se rok op die rooi tapyt
Sophia Loren se seun en Evita tem die wolf
The post Michael Phelps is getroud appeared first on SARIE.