Die 18-jarige realiteitster Kylie Jenner het op Instagram aangekondig dat sy ’n veldtog teen boelie begin het, berig Huffington Post.
“Ek is baie opgewonde om my veldtog, #IAmMoreThan, af te skop. In die loop van die volgende ses dae gaan ek inspirerende stories deel van mense wat geboelie is en dié ervaring in iets positiefs verander,” het sy op haar Instagram-blad aangekondig. Sy het haar aanhangers aangemoedig om ook iets oor hulself te deel en só deel te neem aan die veldtog.
Kylie het onlangs in ’n onderhoud gesê sy word al sedert sy 9 jaar oud is deur die hele wêreld geboelie. (Sy was 9 toe Keeping up with the Kardashians vir die eerste keer uitgesaai is). “Ek glo ek hanteer dit op ’n goeie manier,” het sy bygevoeg.
Hier is die eerste boelie-slagoffer op Kylie se blad:
Bron: Huffington Post
Volg die res van die veldtog HIER.
Lees ook
- Is die media moeg vir Kim Kardashian en haar familie?
- Kim, Khloé, Kris en Kylie – Dié grimeerkunstenaar transformeer na elkeen van hulle binne ’n minuut
- FOTO: Staan Kylie Jenner (17) op trou?
Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!
Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!
Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!
The post Kylie Jenner loods anti-boelie-veldtog appeared first on SARIE.