Die Kardashian-familie is nog ’n baba ryker! Dream Renee Kardashian is gisteraand gebore en die hele gesin is in hul noppies. Rob Kardashian en sy verloofde, Blac Chyna, is nou die trotse ouers van dié oulike dogtertjie.
En kyk, sy het trekke van Rob se ontslape pa, Robert Kardashian.
Rob en Blac het selfs die internet se nuutste trend, die “Mannequin”-uitdaging, aangedurf voor Dream se geboorte. Kyk die “oomblik” voor Dream se geboorte hier:
Dink julle klein Dream gaan eendag van haar naam hou? Dis nie net kinders wat soms hul eie naam verpes nie, hul ouers kan ook spyt wees. In ’n peiling deur die forum Mumsnet is vasgestel dat 1 uit elke 5 Britse ma’s spyt is oor die keuse van ’n kind se naam – lees meer hier. Gelukkig vir ons meen die webtuiste Nameberry dat die gewildste babaname vir 2016 reeds Olivia en Ezra is.
Hier’s ’n paar bekendes wie se kinders ongewone name het:
1. Luna Simone – Chrissy Teigen en John Legend
My loves at #lipsyncbattle! A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on
2. Pilot Inspektor - akteur Jason Lee
3. Kyd - akteurs David Duchovny en Tea Leoni
4. Memphis Eve - Bono, U2 se hoofsanger
5. Audio Science - aktrise Shannyn Sossamon
6. Wyatt Isabelle – akteurs Mila Kunis en Ashton Kutcher
7. Briar Rose – akteurs Rachel Bilson en Hayden Christensen
8. Arlo Day - akteurs Adam Brody en Leighton Meester
9. Rocket Zot - akteur Sam Worthington en model Lara Bingle
10. Jagger Snow – musikante Ashlee Simpson en Evan Ross
Kisses @operationsmile #untilweheal best weekend ever!!
A photo posted by Ashlee Simpson Ross (@ashleesimpsonross) on
Lees nou
Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!
The post Nog ’n Kardashian is gebore! appeared first on SARIE.