Ten spyte van haar stormagtige persoonlike lewe kan Taylor Swift maar die jaar 2016 “Shake It Off”. Ja, haar verhoudings met die Skotse musikant Calvin Harris en die Britse akteur Tom Hiddleston het nie gehou nie. Maar Forbes het Taylor aangewys as die rykste celeb onder 30 vir 2015/2016.
Die 26-jarige het in 2015 ’n reusagtige $170 miljoen verdien. In die tweede plek is haar ekskêrel Harry Styles en die drie ander lede van One Direction. Taylor het $60 miljoen meer as dié popgroep verdien.
via GIPHY
In die derde plek is die Argentynse sokkerspeler Lionel Messi, wat $81,5miljoen verdien het.
En die Grammy-wenners Adele en Rihanna het onderskeidelik in die vierde en vyfde plek geëindig. Net vier vroue het die lys gehaal.
Die Oscar-wenner Jennifer Lawrence het 12de gekom. Vir die volledige storie, klik hier.
Taylor se persoonlike lewe in 2016 opgesom:
via GIPHY
Taylor se bankrekening in 2016 opgesom:
via GIPHY
Lees nou
Trevor Noah skryf boek oor sy lewe
Corlea gesels oor dáái outfit en meer
The post Taylor Swift verdien die meeste appeared first on SARIE.