Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Elma Smit se nuutste avontuur

$
0
0

Kykers gaan in die nuwe jaar ’n intieme kykie kry in die lewe van ’n klomp van ons land se top-rugbyspelers. In die nuwe TV-program Buite die lyne gaan aanbieder Elma Smit by 13 rugbyspelers kuier terwyl hulle kos maak.

“Dit is om die spelers se stories te vertel sodat mense hulle beter kan leer ken. Ons praat nie rugby nie. Ons praat oor hul lewe. Die lesse en ervarings wat hulle leer ‘buite die lyn’ van die veld af,” het Elma aan SARIE.com gesê.

Terwyl die speler kos maak, gesels hy oor sy lewe en vertel sy storie.

“Die speler maak die kos en kies iemand wat saam met hom kook, maar die fokus bly op die speler.”

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Sy verduidelik dat elke ou getrou bly aan homself. Die Blou Bul-stut Pierre Schoeman maak ʼn spaghetti bolognese. Ons sien ’n ander sy van hom, hy leef  ʼn meer holistiese leefstyl. Hy drink groentee. Hy is ook erg oor sy ma en bederf haar, onder meer met ʼn uitstappie na ʼn spa.

Pierre en Elma saam in die kombuis:

was awesome working with @bordeaux_kreative @elmakapelma on “buitedielyne” #via

A photo posted by Pierre Schoeman (@pierraschoemies) on

Sy spanmaat, die senter Jan Serfontein, het meer van ʼn MasterChef-aanslag. “Die agterlyn hou van afshow. Die voorspelers sê so!” lag Elma.

“Jan maak met die hulp van sy modelmooi vrou, Lani, oondgebraaide filetsteak gestop met vye, korrelmosterd en kaas toegedraai in ʼn spek-kombers.”

Lani en Jan serfontein FOTO Kristi Agier

Jan en Lani Serfontein op hul troudag. FOTO Kristi Agier

SARIE het vroeër vanjaar Jan en Lani se troufoto’s gedeel, klik hier.

Die Leeu-vleuel Courtnall Skosan kook saam met sy ma. Kos met baie speserye, iets waarvoor Elma nie noodwendig lief is nie, maar toe sy dit eers proe, was sy beïndruk. Dit beloof om ʼn baie emosionele episode te wees.

Hier is Courtnall en Elma in die kombuis:

“Ek was in die begin nie van plan om die program aan te bied nie. Ek wil vir die spelers die geleentheid gee sodat mense hulle beter kan leer ken, op hul eie veld. Hulle is wonderlike ouens.”

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Elma Smit in 2014 vir SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Die konsep van die reeks was Elma se eie idee en sy is die inhoudsvervaardiger. Buite die lyne word van 14 Januarie uitgesaai op VIA (DStv-kanaal 147).

– Dit word in samewerking met MyPlayers, Suid-Afrika se professionele rugbyspelersorganisasie, vervaardig. Besige Elma is daar die bemarkingsbestuurder.

Lees nou

Taylor Swift verdien die meeste

R70 miljoen vir Marilyn se rok

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

The post Elma Smit se nuutste avontuur appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294