Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Prinses Leah skitter – háár oomblik is hier!

$
0
0

Die sangeres Leah steel die laaste tyd behoorlik die kollig in die Afrikaanse musiekwêreld. Sy is een van die groot sensasies by vanjaar se Afrikaans is Groot-konsertreeks in Pretoria.

“Hoor hier, toe ek die eerste artikel lees, het ek gedink die mense oordryf. Maar dit is die lekkerste lekker om deel te wees van AIG. Ek is so opgewonde, ek kan nie aan die slaap raak nie. Ek sing Met jou klere aan, en dis baie ironies, want ek trek my klere uit op die verhoog,” giggel Leah.

Sy wissel kostuums op die verhoog tydens haar optrede, wat ’n hele troudag uitbeeld.

LEAH Foto Gerhard van Rooyen 6

FOTO Gerhard van Rooyen

 Foto Gerhard van Rooyen

FOTO Gerhard van Rooyen

 Foto Gerhard van Rooyen

FOTO Gerhard van Rooyen

En hoekom is sy so ’n treffer, sou jy wonder. Dis nie dat enigiemand in haar twyel nie, inteendeel. Maar omdat sy die AIG-verhoog met soveel ander talentvolle kunstenaars deel, wil jy tog weet wat háár optrede so gewild maak.

“Ek geniet dit, en dan geniet die gehoor dit ook hopelik. Dit is nie wat mense dink dit is nie – Met jou klere aan is net ʼn metafoor. Dit is ʼn goedvoel-liedjie. Mense moet beter voel oor die lewe en oor hulself. Ek wil hê mense moet goed voel. Daar is genoeg nonsens in die lewe, nee krisis, daar is te veel nonsens. Ek dink mense hou daarvan want dit laat hulle lekker voel,” verduidelik sy aan SARIE.com.

 Foto Gerhard van Rooyen

FOTO Gerhard van Rooyen

Leah se loopbaan het afgeskop met net die regte momentum. Sy was in 2011 die wenner van Rapport se Model van die Jaar-kompetisie. Sy vertel dat sy ingeskryf en deelgeneem aan elke kompetisie wat daar was. Tot ʼn look alike-kompetisie. “Ek is skaam om dit te sê, maar ek dink dit was die regte foto met net die regte angle wat my daai kompetisie laat wen het.” Leah se voorkoms is vergelyk met dié van die Amerikaanse aktrise Diane Kruger wat in films soos Troy en Inglorious Bastards gespeel het. “Toe wen ek geldjies wat vir die kos op my troue betaal het. Ek het aan alles deelgeneem.”

Haar rol in die 2013-musiekrolprent As jy Sing het mense laat notisie neem. Sy het daarna nog op die toneel gebly. Nou het Leah se tyd aangebreek. Die verkope van haar debuutalbum, Wonderwerk, is besig om goed te groei.

“Daar is nie iets soos oornagsukses nie, tensy jy Idols wen, en selfs dit is ook nie. Ek is al 10 jaar aan die gang. Ek is bly dit gebeur nou eers.”

FOTO: Spheratical Productions

FOTO Spheratical Productions

En wat lê vir Leah voor?

“Toer en shows. en ek wil nog TV-werk doen. Ek doen oudisies vir alles, ek sal jou bel as ek iets kry.”

The post Prinses Leah skitter – háár oomblik is hier! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Die oplossing vir yl hare is hier


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Man vas vir moord op Moot-egpaar


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek