Die Blitsbokke, die Kardashians, Michelle Obama, Andy Murray en miljoene ander het al die uitdaging gedoen: #MannequinChallenge.
Mannequin wat? Ja, liewe gebruikers van die kuberruim, daar’s ’n nuwe uitdaging. Jy vries in ’n posisie terwyl musiek speel, dan neem iemand ’n video. Klink belaglik, maar dit gaan viral.
Gister was die komediant en kletsprogram-aanbieder Ellen Degeneres een van 21 ontvangers van die gesogte presidentsmedalje vir vryheid (Presidential Medal of Freedom). Die Withuis ken dit toe aan individue wat ’n bydrae gemaak het tot verandering en vooruitgang in die VSA, berig Variety.
Van die ander ontvangers was Bruce Springsteen, Kareem Abdul-Jabbar, Michael Jordan, Bill en Melinda Gates, Tom Hanks en Vin Scully.
Kyk die roerende video hier:
Natuurlik kon só ’n geleentheid nie eindig sonder die #MannequinChallenge nie. Die Amerikaanse sanger Diana Ross se dogter, Tracee Ellis Ross, het dit verfilm. En wie was in die uitdaging? Ellen Degeneres, Robert De Niro, Bruce Springsteen, Tom Hanks, Bill Gates en vele, vele meer.
Kyk net hier:
Look what I got everyone to do! It’s the #MannequinChallenge at the @WhiteHouse! I’m in the pink dress laughing with @RitaWilson! pic.twitter.com/fYPvYcMJ57
— Tracee Ellis Ross (@TraceeEllisRoss) November 22, 2016
Lees nou
2 nuwe Instagram funksies! Só maak mens …
The post Die beste #MannequincChallenge nog! appeared first on SARIE.