Met die onthaalseisoen om die draai, is jy dalk lus vir nuwe breekgoed. Ons wys ’n paar gunstelinge.
1. Blou Delft
Dit bly een van die gewildste ontwerpe van alle tye. Dek so ’n tradisionele tafel met outydse rose en ’n rooi-en-wit tafeldoek. Blou breekgoed is by die meeste groot afdelingswinkels te koop.
2. Poeding in ’n glasie
Dink net hoe mooi sal aarbeie in hierdie blou glas lyk, R59 van @home.
3. Vir koek of versier
So ’n koekstaander sal ’n treffende tafelversiering maak as jy ’n klein glasvaas met ’n enkele blom daarin bo-op sit, R269 van @home.
4. Meer formeel
Die borde is mooi genoeg om ’n koning te onthaal, R170 elk, Woolworths
5. Iets meer modern
Die dienbord is mooi vir slaai of vleis, R79,99, Mr Price Home.
Lees nou
The post Dek dit mooi appeared first on SARIE.