Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Maak nόg Kersversierings

$
0
0

Enige Kerstafel moet iets blink hê en laat die kinders sommer ‘n paar ekstra versierings maak vir geskenke of die boom

1. Maak iets vir die middel van die tafel

Spuitverf ‘n glas-koekstaander goud (onthou om eers ‘n onderlaag op te spuit) en plaas ‘n kers, ekstra goue balle en vars siprestakkies bo-op.

SARIE SARIEKERSFEES8

FOTO Henk Hattingh

2. Maklike versierings

Van links (bo) na regs, rondom:

• Knip prente uit ou Kerskaarte of geskenkpapier en plak met ‘n ophangtoutjie tussenin tussen twee lae papier.

• Trek ‘n sirkel op dun karton en knip uit. Knip eenvoudige blaarvorms, vou in helfte en plak dig op mekaar op die sirkel vas.

• Knip twee ewe groot Kersharte uit afvalmateriaal, borduur ‘n sneeuvlokkie daarop, plaas watteersel tussen die twee stukke materiaal en ryg rondom toe.

• Knip ‘n paar sterre uit stewige goue papier en plak dit op mekaar, met ‘n sponsblokkie tussenin.

• Knip 6 sirkels uit gekleurde papier en vou elkeen afsonderlik in die helfte. Vou dit oop, sit die sirkels bo-op mekaar en kram in middel vas. Blaai die helftes oop sodat die krammetjies nie sigbaar is nie en plak ‘n ophangtoutjie aan die bokant vas.

• Knip vorms wat soos kersballe lyk uit stewige papier, plak ‘n ophangtoutjie met ‘n blokkie goue papier aan bokant vas.

• Draai ‘n skroefogie aan ‘n plastiekdiertjie en spuitverf goud.

SARIE SARIEKERSFEES14

FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Kersversierings vir die huis

Vyf dae voor Kersfees

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

The post Maak nόg Kersversierings appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294