Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dié video is al wat ons vir Kersfees wil hê!

$
0
0

As jy nóg nie die Kersfeesgees het nie, sal dié Carpool Karaoke jou beslis daar kry! 

Carpool Karaoke is ’n weeklikse insetsel op James Corden se laatnag-geselsprogram, The Late Late Show with James Corden (beskikbaar op ShowMax), en wanneer dit eers YouTube bereik, kyk en lag miljoene mense saam.

Carpool Karaoke begin met James wat werk toe ry terwyl hy reeds laat is, of aan’t verdwaal is. Om hom te help laai hy groot sterre soos Adele, Justin Bieber, Jennifer Lopez en Elton John op. Dan begin die gesels en die singery.

Maar vir Kersfees doen hy dinge ’n bietjie anders ..

Mariah Carey help vir James met sy Kers-inkopies en natuurlik sing hulle Mariah se gewilde Kersfees-treffer “All I want for Christmas is you”. Celebs soos Adele, Chris Martin, Selena Gomez, Lady Gaga, Gwen Stefani en selfs sir Elton John sing saam!

Kyk die fantastiese video hier:

Nou’s ons reg vir Kersfees!

Nóg Carpool Karaoke van die afgelope jaar

Kyk ook

Jennifer Lopez

Adele

Chris Martin

One Direction

Lees nou

Buster die bokser-hond wen Kersfees! Kyk die video hier

Kyk! Barack Obama se laaste Kerskaartjie as president

Kyk ADAM en Jacaranda FM se Kersfees-musiekvideo hier!

The post Dié video is al wat ons vir Kersfees wil hê! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294