Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Hané van Schalkwyk

$
0
0

HANÉ VAN SCHALKWYK (22), FISIOTERAPIE-STUDENT, BLOEMFONTEIN

Hoekom wil jy op SARIE se voorblad wees?

Ek wil vroue inspireer. Dit is een van die min tydskrifte vandag wat nog sinvol is.

Wil jy trou en kinders hê?

Vir seker, ek moet net ’n man kry!

Beste eienskappe?

Ek is spontaan, kom goed met mense oor die weg en is georganiseerd. Ek probeer ook behulpsaam wees.

Jou lewensleuse?

Laat God toe om vir jou te droom.

Wat doen jy tydens aftye?

Ek is mal oor die buitelewe en draf graag. Oefening is goed vir die kop. Spansport is nie my ding nie; ek wedywer liefs met myself.

Hou jy van reis?

Ek was nog nooit oorsee nie, maar glo dit is ’n belegging in jouself. Nou droom ek van ’n fietstoer deur die Franse platteland.

Wat maak jou baie bang?

Ek het hoogtevrees.

Jou definisie van skoonheid?

Dit is nie soseer ’n voorkoms nie, maar ’n gevoel. Wat jy uitstraal, moet mense twee keer laat kyk.

Afspraak-webtuistes – ja of nee?

Jy kan nie die liefde soek nie . . . Als gebeur op sy tyd.

Jou ergste lewenshekkie tot dusver?

Soos elke meisie, ’n groot liefdesteleurstelling. Ek besef nou ’n mens kan nie jou geluk in iemand anders soek nie.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo

The post SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Hané van Schalkwyk appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


LêNet: Verslind


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Hygliteratuur: Buurtwag II


LêNet: Seks


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!