Die internet is op hol oor dié wiskunde-som. Dis bedoel vir graadeens, maar nou sukkel die grootmense om die antwoord te kry.
Kan jy dit oplos?
Die The Holderness-gesin het dít op Facebook gedeel en gevra of hul vriende dit kan oplos. Elke letter in die alfabet kry ’n waarde en jy moet dié sleutel gebruik om die vermiste letter in die diagram te vind.
Dit is deel van hul seun se huiswerk, maar die ouers én hul Facebook-vriende het omtrent kopgekrap om die antwoord te kry.
Kan jy die antwoord kry?
Volgens The Telegraph is die antwoord J = 14
Die Facebook-gebruiker Jamie Nantz verduidelik dit só: Jy gebruik die sleutel en vervang die stel diagonale letters S, B en G met die syfers 23, 6 en 11. Dis 40 as jy dit bymekaartel.
Die ander stel letters moet ook tot 40 optel as jy dit met syfers vervang. B en P is reeds ingevul (6 + 20), wat beteken die oop blokkie moet 14 wees om by 40 uit te kom.
En 14 se sleutel is J.
’n Bietjie moeilik vir ’n graadeen, sou ons sê!
Lees nou
#KanEkDitGlo: Dít help vir paniekaanvalle
Kan jy dié optiese illusie oplos? 1 vrou, maar 3 bene …
Kan jy dié optiese illusie oplos? 6 vroue, maar net 5 paar bene …
The post Is jy slimmer as ’n graadeen? appeared first on SARIE.