Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Suzelle oor 2017, ‘trouklokkies’ vir Marianne

$
0
0

Die afgelope paar jaar het die YouTube-selfdoener Suzelle DIY diep in ons harte kom kruip met haar “braai pie” en sêgoed soos “cause anybody can” en “there’s it”. Een ding is seker: Suzelle kan eenvoudig nie stilsit nie en besig bly is haar middelnaam.

2016 was ’n goeie jaar, vertel Suzelle (haar regte naam is Julia Anastasopoulos) aan SARIE.com.

“Ek het 100 000 intekenare op my YouTube-kanaal bereik. Ek het gereis en is saam met Ryno en Marianne Bosveld toe en het selfs Australië besoek. Een van my hoogtepunte was beslis om tannie Evita Bezuidenhout te ontmoet. En natuurlik om my boek, DIYary, vry te stel.”

Last epsiode of the year! DIY because it’s summer! (Link in bio)

A photo posted by Suzelle DIY (@suzellediy) on

En hierdie Afrikaanse meisie van Somerset-Wes was ook in Desember in die Amerikaanse nuuskanaal CNN se insetsel African Voices te sien. “Gits, toe CNN my vra om te verskyn, was ek uit my vel uit opgewonde net oor ek my storie kon deel.”

Kyk die insetsel hier.

Suzelle het groot planne vir 2017. “Daar’s klomp goed insluitend ’n DIY-reeks wat op kinders gemik is.”

Haar beste vriendin, Marianne, gaan al ’n tyd lank uit met die veldwagter en -gids Ryno.

Gaan die trouklokkies lui vir Marianne en Ryno?

“Ek dink nie hulle is al reg hiervoor nie. Sy ken hom skaars. Maar as hulle gaan trou, sal ek natuurlik die hele troue beplan en ’n strooimeisie wees. Ek het so baie idees.”

Lees nou

Mooier vir onder R200

Ma van 4 kruip weg vir haar kinders (ons weet hoe sy voel)

Selfoon-skoonmaaktyd! Vee hierdie apps uit

The post Suzelle oor 2017, ‘trouklokkies’ vir Marianne appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles