As jy op die oomblik voor jou rekenaar sit, sit oombliklik jou oorfone op en kyk dié video! Suid-Afrika se eerste “KarPoel Karaoke” is hier en dit is beslis iets wat jy nie wil misloop nie. Die jaarlikse Kaapstad-10’s, Suid-Afrika se grootste sport- en leefstylfees, vind op 3 en 4 Februarie plaas en om die name van die kunstenaars wat daar sal optree bekend te maak, het die organiseerders hierdie video gemaak!
Sing en dans lekker saam met kunstenaars soos The Kiffness, Francois van Coke, Kurt Darren en selfs Robbie Fleck!
Kyk die verkorte weergawe van die KarPoel Karaoke-video hier:
Jy kan jou Kaapstad 10’s-kaartjies hier koop.
Lees nou
VIDEO: Bruno Mars se Carpool Karaoke
VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke
The post VIDEO: Kyk SA se eie ‘KarPoel Karaoke’ hier! appeared first on SARIE.