Is dit regtig sy?! Die Suicide Squad-aktrise Margot Robbie was byna onherkenbaar op die stel van die biofilm I, Tonya waarin sy die rol vertolk van die Amerikaanse Olimpiese sierskaatser Tonya Harding.
Margot het nie vir die rol gewig aangesit nie, maar eerder ’n vetpak gedra. Die aktrise is ook onlangs op ’n ysskaatsbaan in Los Angeles gesien waar sy vir haar rol geoefen het, berig Mirror.
I, Tonya, wat in 2018 vrygestel gaan word, handel oor die voorval voor die Spele in 1994 toe Tonya en haar eks-man, Jeff Gillooly, iemand gehuur het om haar sterkste teenstander, Nancy Kerrigan, leed aan te doen sodat sy nie sou kon deelneem nie.
Dit is nie die eerste keer dat Margot haar vir ’n rol transformeer nie. Hier’s Margot as die karakter Harley Quinn in die superheldfliek Suicide Squad.
Congratulations to @MargotRobbie on winning the #PeoplesChoice Award for Favorite Action Movie Actress! pic.twitter.com/jAxSSPWs23
— Suicide Squad (@SuicideSquadWB) January 19, 2017
Lees nou
VIDEO: Kyk SA se eie ‘KarPoel Karaoke’ hier!
Is Amber Heard en Elon Musk ’n paartjie?
The post Dié ster lyk onherkenbaar! appeared first on SARIE.