Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

VIDEO: Boer Hennie val hard vir Jacobu

$
0
0

Die negende seisoen van kykNET se Boer soek ’n vrou het toe wraggies gelukkig geëindig! Boer Hennie van Willowmore het sy hart verloor op die pragtige Jacobu, wat oorspronklik vir boer Arno van Newcastle in KwaZulu-Natal ingeskryf het. Maar Arno wou net vriende met Jacobu wees. En toe die reeks eindig, het die liefde tussen Hennie en Jacobu stadig begin blom. Nou is dié twee ’n paartjie!

Jacobu is ’n laerskooljuffrou op Somerset-Wes. Verlede Donderdag het Hennie haar gaan verras met ’n bos blomme, ’n brief – en natuurlik homself! Hy het in haar vriendin se woonstel gaan wegkruip en toe Jacobu die brief hardop vir dié voorlees, het hy by die trappe afgestorm gekom. Maar, ai, in sy haas om by haar uit te kom, het hy gegly. En toe kliphard geval!

Kyk die video hier:

Baie geluk, Jacobu en Hennie!

Lees nou

5 haarstyle wat nét 7 minute sal neem

Dié ster lyk onherkenbaar!

Trou jy in 2017? Dís wat jy moet weet …

The post VIDEO: Boer Hennie val hard vir Jacobu appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294