Die Amerikaanse aktrise Katherine Heigl en haar man, die sanger en liedjieskrywer Josh Kelley, is nou die ouers van drie kinders!
Die aktrise het op 20 Desember 2016 die lewe geskenk aan klein Joshua Bishop Kelley Jr., berig E! News.
Al is hy net ’n paar weke oud, is hy reeds op die voorblad van ’n tydskrif! Baba Joshua het saam met sy ma op die voorblad van People verskyn.
Die nuus van Katherine se swangerskap het as ’n verrassing gekom vir die paartjie. “Maar ek het geweet ek wil ons gesin uitbrei en nog kinders hê,” het sy aan People vertel.
Dit is Katherine se eerste swangerskap. Die paartjie het reeds twee aangenome dogters, Naleigh Moon (7) en Adalaide Marie Hope (4).
Lees nou
KYK: Identiese tweeling sien mekaar 1ste keer sedert babadae
Trouklokkies vir prins Harry en sy Meghan?
The post Katherine Heigl wys pienkvoet appeared first on SARIE.